Contact: +27 83 399 2667
Address: 757 Volksrust Street, Faerie Glen
My workshop has been running for the last 10 years and I love every moment of it. Please join me for a free trail class. I would love to meet you and your little one.
Dis vir my ‘n voorreg om elke mamma en kleintjie te ontmoet en die pad van ontwikkeling en nuwe ervarings saam te stap.
Anel : Beste werkswinkel ! Wat ‘n ervaring elke week. Ek kry soveel inligting.
Heidi : I love you Retha. Thanks for letting me and my little ones feel loved and for a fun learning environment.
Hierdie is ‘n program vir mamma en baba wat nie net tot voordeel van die baba is nie, maar ook vir die mamma …… en alles gebeur in ‘n prettige, stimulerende omgewing!
Hoe sal jou baba baatvind by die program?
Die program is geskep om sensories-motoriese leer te bevorder, wat noodsaaklik is vir ‘n jong baba se ontwikkeling, deur die stimulering van die sintuie en fisiese vermoëns.
Babas word aangemoedig om hulle wereld om hulle te ervaar en te verstaan en daarvolgens op te tree.
In die program verbeter babas nie net hulle fisiese vaardighede nie, maar verbeter ook die vermoë om te interpreteer en te organiseer wat hulle sien, hoor, proe, ruik en voel.
Ons konsentreer ook op die ontwikkeling van die twee “verborge sintuie” wat babas en kinders met motoriese ontwikkeling en leer help.
Dit is:
Hierdie twee “verborge sintuie” werk saam om die baba of kind die gevoel te gee waar hy beweeg in die spasie om hom. Dit help ook met balans, postuur, koördinasie en vertroue. Hierdie “verborge sintuie” werk met al die ander sintuie saam om inligting te gee, sodat jou baba sin kan maak van die wêreld rondom hom of haar.
VOORDELE
Hoe sal jy as ouer baatvind by die mamma en baba program?
Die program maak ouers meer bewus van hulle baba se behoeftes en groei proses.
Ouers leer hoe om:
Naas die geleentheid om kwaliteit tyd te spandeer met jou baba, sal mammas ook die ondersteuning van ander mammas ervaar. Die Mamma en baba werkswinkel sal ouers help om gedurende hierdie vroeë jare, hul baba te stimuleer om sy of haar volle potensiaal te bereik.
Die Inhoud van die program
Die mamma en baba werkswinkel is ‘n ouderdom toepaslike baba stimulasie program wat ontwikkel is deur Kate Bailey, ‘n arbeidsterapeut , en Nicky Lasch, ‘n Fisioterapeut , spesifiek vir die mamma en haar baba tussen die ouderdom van 2 en 12 maande.
Die werkswinkels word een maal per week aangebied en duur een en ‘n half tot twee ure. Die program is ontwerp met aktiwiteite wat help om groot en fyn motoriese mylpale te stimuleer.
Sensoriese ontwikkeling word ook aangespreek asook emosionele en sosiale ontwikkeling.
Visuele en ouditiewe oefeninge word gedoen en aandag word ook gegee aan taalontwikkeling.
Babas van verskillende ouderdomme het verskillende stimulasie nodig en daarom word hulle in drie verskillende ouderdomsgroepe verdeel:
Wat gebeur in die mamma en baba werkswinkel?